-
Psalms 80
- 1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies". 'n Getuienis. Van Asaf. 'n Psalm.
- 2 o Herder van Israel, hoor tog; U wat Josef soos skape lei, wat bo-oor die gérubs troon, verskyn in ligglans!
- 3 Wek u mag op voor Efraim en Benjamin en Manasse, en kom ons te hulp!
- 4 o God, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
- 5 o HERE, God van die leërskare, hoe lank nog rook u toorn by die gebed van u volk?
- 6 U het hulle tranebrood laat eet, hulle oorvloedig trane laat drink.
- 7 U het ons 'n voorwerp van stryd gemaak vir ons bure, en ons vyande drywe die spot.
- 8 o God van die leërskare, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
- 9 'n Wingerdstok het U uitgetrek uit Egipte; U het die nasies uitgedrywe en hom geplant.
- 10 U het voor hom plek gemaak, en hy het wortels geskiet en die land vervul.
- 11 Die berge was oordek met sy skaduwee, en met sy ranke die seders van God.
- 12 Hy het sy ranke uitgebrei tot by die see en sy lote na die Rivier toe.
- 13 Waarom het U sy mure stukkend gebreek, sodat almal wat met die pad verbygaan, hom kaalpluk?
- 14 Die wildevark uit die bos eet hom op, en wat roer op die veld, wei hom af.
- 15 o God van die leërskare, kom tog terug; aanskou uit die hemel en kyk, en gee ag op hierdie wingerdstok;
- 16 en wees 'n beskerming vir wat u regterhand geplant het, en oor die seun wat U vir Uself grootgemaak het.
- 17 Hy is met vuur verbrand, hy is afgekap; vanweë die dreiging van u aangesig kom hulle om.
- 18 Laat u hand wees oor die man van u regterhand, oor die menseseun wat U vir Uself grootgemaak het.
- 19 Dan sal ons nie van U afwyk nie; hou ons in die lewe, dan sal ons u Naam aanroep. o HERE, God van die leërskare, herstel ons; laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
-
-
-
King James Version (kjv)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.